EKSTERNE WISKUNDE – KOMPETISIES VIR 2010:
Graad 1 – 3:
1) CONQUESTA
Die graad 1-3 leerders sal in die laaste week van Augustus vraestelle en aktiwiteite voltooi in Gesyferdheid, Geletterdheid en Lewensvaardighede.Verpligtend.
(R40 inskrywingsgeld by klasonderwyseres)
2) AMESA NMMU
(Nelson Mandela Metropolitan University) se vraestel (Wiskunde) word SLEGS deur graad 3- leerders op Vrydag 23 Julie 2010 geskryf en is NIE verpligtend nie.
(R10 inskrywingsgeld by klasonderwyseres)
Ander belangrike datums:
1) Finale rondte op Vrydag 3 September 2010 (ook by die skool)
2)Prysoorhandigings in Port Elizabeth op 29 Oktober 2010
Graad 4 – 7:
1) CONQUESTA
Graad 4 – 7 leerders skryf ook in die laaste week van Augustus vraestelle in Afrikaans, Engels en Wiskunde. Verpligtend.
(R40 inskrywingsgeld by klasonderwyseres)
2) AMESA NMMU
(Nelson Mandela Metropolitan University) se vraestelle (Wiskunde) word opgestel vir graad 5 en graad 7.
Graad 4- en 5 – leerders skryf dus die graad 5 vraestel en graad 6- en 7- leerders skryf die graad 7- vraestel.
Ons moedig graag die graad 4’s en graad 6’e aan om deel te neem.
Dis uitstekende voorbereiding vir goeie resultate as hulle dan die daaropvolgende jaar hulle ‘eintlike’ graad se vraestel skryf!!
(R10 inskrywingsgeld by klasonderwyseres)
Belangrike datums: 1) Eerste rondte op Vrydag 23 Julie 2010 by die skool
2)Finale rondte op Vrydag 3 September (ook by die skool)
3) Prysoorhandigings in Port Elizabeth op 29 Oktober 2010
3) WES- KAAP AMESA
Dis die vraestel wat tydens die Nasionale Wiskundeweek by skole geskryf word. Hierdie jaar is die Nasionale Wiskundeweek van 2-6 Augustus.
(LW: Dis vroeër as in die verlede!) Die eerste rondte sal dan in hierdie week geskryf word, waarskynlik Woensdag 4 Augustus.
Dis die kompetisie waar leerders in pare mag saamwerk en inskrywing vir die eerste rondte is gratis.
Almal neem deel en slegs die wat kwalifiseer gaan dan deur na die finale rondte, wat dan op Woensdag 8 September sal plaasvind.
NUTTIGE WEBWERWE:
Gaan kyk gerus op die volgende webwerwe vir verdere inligting, vorige jare se vraestelle en memorandums.
www.conquestaolympiads.com vir Conquesta inligting, statistieke van skole (nasionaal en internasionaal) en ook voorbeelde van vraestelle.
www.mbeki-maths-dev.co.za vir inligting oor die NMMU kompetisie. Volledige vraestelle en oplossings vir AL die rondtes is beskikbaar daar vanaf 2005 – 2009.
http://academic.sun.ac.za/mathed/amesa/challenge vir meer inligting en vraestelle en memorandums vir die Wes- Kaap Amesa kompetisie.
Vir enige verdere navrae kontak gerus:
Ilse de Villiers (Adj. hoof Akademie) by sf@lynnwoodlaer.co.za of
Benita Kroukamp (Organiseerder van AMESA- klub) by benitak@mweb.co.za
