Tuisblad

Grondslagfase

Een twee drie blok myself!

By Laerskool Lynnwood is dit nie nodig om ver te soek vir die beste Grondslagfase nie.

Hier vind ons ‘n fase waar ons leerders veilig en geborge kan voel met uitstekende, kindgerigte personeel.

Die onderwyser fokus daarop dat elke kind sy eie potensiaal ontwikkel en dit te bereik waartoe hy of sy in staat is. So bou ons ‘n positiewe selfbeeld en ‘n gesonde waaghouding by elke leerder.

Reken, lees, skryf en spel vorm die basiese boustene in die Grondslagfase.  Daar is ook talle ander geleenthede vir ons leerders om hulle talente uit te leef.

Hier leer ons speel-speel en spel ons leer met ‘n glimlag!