Tuisblad

Pre-Primêr

Laerskool Lynnwood Pre – Primêr is ‘n kleuterskool wat soos ‘n gemeenskap funksioneer. Betrokke ouers en onderwysers ontwikkel hier gelukkige kleuters tot elkeen se volle potensiaal. By hierdie toonaangewende kleuterskool sal u gou agterkom dat speel en sosiale interaksie, die belangrikste boustene van leer is.

Daar word aandag aan kleuters se verbeelding, behoeftes, vordering en mylpale gegee in kindervriendelike klaskamers, deur ervare en opgeleide onderwysers en assistente.

Sensoriese areas, fietsiebane, waterspel, klimmure en opvoedkundige speelgoed is van die aktiwiteite wat op ‘n daaglikse basis tydens buitespel aangebied word.

Hester Wandrag
Adjunkhoof: Pre-Primêr