Tuisblad

Inskrywingsprosedure

Hoe skryf ek in? 

  1. Laai die inskrywingsvorm af.
  2. Voltooi en onderteken die vorm. Handig ‘n harde kopie in by me. Charlotte Mooij by Ontvangs.
  3. Onderstaande dokumente moet die inskrywings vorm vergesel:
  • Afskrifte van ouers se ID dokumente
  • Leerder se geboortesertifikaat
  • Immuniseringskaart
  • Bewys van adres

Geen vorm sal aanvaar word indien al die dokumentasie nie ingehandig is nie.

Toelatingsvereistes

  1. Alle inskrywings vir graad RRR tot 7 wat ontvang is, sal op ‘n waglys geplaas word. Hierdie waglys is slegs om aan almal gelyke kans tot plek in ons skool te bied. Alle aansoeke word hanteer en ons probeer ons bes om almal te akkomodeer met plek.
  2. Vir graad 1 moet ouers deur die onderwys departerment se aanlyn program aansoek doen by gdeadmissions.gov.za
  3. Ons versoek dat ouers wat ons skool oorweeg vir graad 1 ‘n afspraak sal maak met ons skoolhoof om meer inligting hieroor te bekom.
  4. Vir graad 1 aansoeke is daar bepaalde kriteria soos deur die onderwys department voorgeskryf, asook bepaalde datums vir toelating tot skole.
  5. Vir alle ander grade sal Laerskool Lynnwood poog om die eerste rondte plasings voor die Junie skoolvakansie af te handel. Ouers kan egter die hele jaar deur aansoek doen by ons skool.
  6. ‘n Bevestigings epos word gestuur met finale inligting rakende waglyste en bevestigingsfooie.
  7. Indien jy deel van ons Lynnie familie wil word, maak sommer vandag nog ‘n afspraak en kom drink ‘n lekker koppie koffie saam met ons skoolhoof.

Opedae en Inligtingsdae

By Lynnies is elke dag, opedag! 

Laerskool Lynnwood glo aan ‘n oop-deur beleid. Kontak gerus die hoof se sekretaresse vir ‘n afspraak indien u ‘n nuwe ouer is.

Tydens die vierde kwartaal word daar ‘n Koekeloerdag (ouer inligtingsdag) gehou vir alle voornemende, ingeskrewe ouers.

Algemene inligting

  • Skooltye en ander inligting is onder Administrasiebeskikbaar.
  • Inligting rakende skoolklere is onder Klerewinkel/Snoepie beskikbaar.
  • Skool en ander finansiële inligting in onder Finansiesbeskikbaar.