Tuisblad

Klerewinkel

Laerskool spog met sy eie klerewinkel op die skoolterrein vir ouers se gemak. Lynnies se Winkel is ook die enigste verskaffer van Laerskool Lynnwood se skoolklere en sportdrag.

Winkelure:

  • Maandae tot Donderdae: 06:30 – 09:00 /12:00 – 14:00
  • Vrydae: 06:30 – 09:00 / 12:00 – 13:00

Winkelbestuurder: Me. Ellen Malan

Lynnies Snoepie

Die snoepie bied ‘n verskeidenheid produkte van bekende handelsname asook daaglikse vars produkte soos slaaie, gesondheidsbroodjies, vrugtebakkies, geroosterde broodjies, pizza’s, pasteie en nog vele meer. 

Bestellings van bogenoemde kan geplaas word deur ‘n epos na die bestuurder te stuur of koepons aan te koop.

Snoepie ure:

  • Maandae tot Donderdae: 07:00 – 16:00
  • Vrydae: 07:00 – 15:00

Die snoepie funksioneer later indien daar sportbyeenkomste op die skoolterrein plaasvind.

Alle voorraad is onderhewig aan beskikbaarheid vanaf verskaffers en kan moontlik op kort kennisgewing verander.

Snoepie bestuurder: Me. Nicki Curtayne