FINANSIËLE EN RELEVANTE INLIGTING VIR 2010
ALGEMEEN
- Rekeningstate word maandeliks elektronies aan die REKENINGPLIGTIGE gestuur. Indien u nie 'n rekeningstaat ontvang nie, maak asb. seker dat ons die regte e-pos adres het, of kom haal asb. 'n kopie van u rekeningstaat by die kantoor.
- Met die huidige ekonomiese klimaat en met die vooruitskatting vir 2010 gaan daar streng teen uitstaande debiteure opgetree word. Indien u 'n probleem ondervind, kom tref asb. vroegtydig 'n reëling met die finansiële personeel, anders sal daar teen alle 60 dae uitstaande rekeninge invorderingsstappe geneem word.
- Elektroniese oorbetalings word verkies bo kontant of tjeks vir sekuriteits- en kontrole doeleindes.
Gebruik asb. u familiekode, (bo links op rekeningstaat) met u van as verwysing bv.: 0123 - KRIEL.
BANKBESONDERHEDE
ABSA TJEKREKENING REKENING NAAM: LAERSKOOL LYNNWOOD REKENING NOMMER: 0540510075 TAKKODE: 334745 / 632005
- Debietorders word aangebied vanaf einde Januarie tot einde November. Kontroleer asb. dat u debietorder korrek is en wel aangebied word.
- Alle gelde, (skool, naskool, krieket, hokkie en akademie vir kunste) is VOORUITBETAALBAAR vanaf Januarie - November. (11 maande)
- Hokkie, krieket en Akademie vir Kunste fooie word vanaf hierdie jaar ook elektronies direk in die skool se rekening inbetaal. Gebruik asb. dieselfde verwysing (familiekode). Sien asb. na verskeie afdelings (hokkie, krieket en akademie vir kunste) op die webblad vir fooistruktuur.
- Ouers wat reeds in 2009 'n betaling gemaak het, moet daarop let dat dit aangewend word vir Januarie se skoolgelde. Pre-primêr se fooistruktuur verskil van die skool en daar kan dus 'n tekort wees vir Januarie se skoolgelde.
- Moet ASSEBLIEF nie 'reply' (sms terugstuur of skakel) op die stelsel SMS vanaf die nommer 078 458 7588 nie. Hierdie nommer stuur smse direk vanaf die skool se Adminstelsel en daar is dus niemand om op hierdie nommer te reageer nie.
SKOOLGELDE
| GRAAD 1 - 7 | GRAAD R | GRAAD RR EN RRR |
| JAARLIKSE FOOI | R11 011 | R12 606 | R13 662 |
| MAANDELIKSE FOOI | R1 001 x 11 | R1 146 x 11 | R1 242 x 11 |
NASKOOLGELDE
| ENKELKIND | TWEE KINDERS | DRIE KINDERS |
| R100 skryfbehoeftefooi per kind | R100 skryfbehoeftefooi per kind | R100 skryfbehoeftefooi per kind |
| R635 per maand* | R1 122 per maand* | R1 650 per maand* |
* Ongeag aantal dae van bywoning
U is steeds welkom om enige finansiële probleme met ons elektronies te kommunikeer by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Bespreek asb. probleme vroegtydig.
Vriendelike groete
STEVE STOLK
UITVOERENDE HOOF
HANNELIE KRIEL
FINANSIËLE BEAMPTE
SHARISE PIETERSE
DEPARTEMENTSHOOF: NASKOOL
| Next > |
|---|

Finansies
