FINALE REëLINGS TEN OPSIGTE VAN REVUE
Die groot geleentheid het aangebreek!
REVUE
Dinsdag 17 Augustus – Vrydag 20 Augustus
Deelnemers
Deelnemers kom na skool ten volle gekostumeerd en gegrimeer volgens voorskrifte. Deelnemers moet asseblief tuis eet voordat hulle afgelaai word. Geen eet- of drinkgoed mag saamgebring word nie.
Graad 1 – 3 : 17:30 meld by skool aan in voogklasse.
Graad 5 – 7 : 18:00 meld by skool aan in voogklasse
Ouers
Staatsteaterverrigtinge begin stiptelik om 19:00 en sal ± 21:00 klaar wees.
Die portaal by die staatsteater open om 18:00 en die teater eers 18:40.
Daar is programme by die deure te koop teen R10 en ook iets te drinke in die voorportaal om 18:00 – 18:40.Wees asseblief stiptelik, omdat die deure volgens teaterreëls om 19:00 sluit.
OUERHULP BY SKOOL
Ons vra dat ouers wat hulp verleen soos met u gereël ten opsigte van sekuriteit en grimering om as volg aan te meld:
Ouers (Graad 1 – 4): 17:20
Ouers (Graad 5 – 7): 17:50.
Ouers wat hulp verleen ten opsigte van toesig en sekuriteit, asook onderwysers, sal elke aand die volgende prosedure volg:
1. Ontvang leerders by voogklas.
2. Hou toesig oor grimering en help waar nodig.
3. Kyk of almal reg geklee is.
4. Vergesel leerders na bus.
5. Ry saam op bus.
6. Sien om dat almal uit bus is en bymekaar bly by die staatsteater.
7. Hou toesig oor klas in gange en agter verhoog by staatsteater.
8. Kyk dat almal weer in bus klim na die optrede.
Hou klaslys by en kontroleer by Staatsteater en by die skool.
9. Geen kind mag by die bus geneem word nie, u moet hom/haar kom uitteken by die saal soos aangetoon.
AFHAAL VAN LEERDERS DEUR OUERS
Ons doen ‘n beroep op u vir die aande wat u nie na die Revue kyk nie, om u kind dadelik te kom haal nadat die bus by die skool arriveer het.
Hier is ‘n riglyn: Graad 1 – 4 terug by skool ongeveer 20:30 en Graad 5 – 7 terug by skool ongeveer 21:15 – 21:30.
Klaslys met Graad-opskrif gaan by skool teen ‘n muur in die saal vasgeplak word en ouers teken kind uit met ouer se selnommer by.
As ‘n ouer gereël het dat iemand anders sy kind huistoe neem, teken daardie ouer agter die kind wat hy/sy neem se naam met haar/sy selnommer daarby. (Ouers ondersteun ons asseblief ten opsigte van veiligheid.)
DVD/CD/FOTO VERKOPE
Bestelvorms sal na die Revue beskikbaar wees vir DVD’s @ R150; CD’s met foto’s R50.00; Foto collage A4 @ R20.00
Daar sal ook ‘n liedjie CD @ R50.00 beskikbaar wees.
Dankie vir al u moeite en hulp, u sterk ons hande met u positiwiteit en fisiese hulp.
Revue 2010
Deelnemers:
Elke leerder in Laerskool Lynnwood.
Leerders sal ook geleentheid kry Maandag, 16 Augustus tydens die kleedrepetisie kry om die
revue van die ander grade te sien.
Geen deelnemer sal tydens die optredes van 17 – 20 Augustus in die teater self toegelaat word om by ouers te gaan sit nie. Streng teateretiket word toegepas.
Leerders word met ekstra sekuriteit en toesig begelei na en van die Staatsteater. Toesig word by die skool gereël vir alle leerders wie se ouers die vertoning bywoon. Leerders word dus direk na die vertoning by die skool afgehaal.
Leerders word van die skool na die Staatsteater per bus vervoer. Geen kind word toegelaat om van ouervervoer na of van die staatsteater gebruik te maak nie.
Belangrike Datums:
| Datum: | Wat gebeur? |
| Vrydag, 30 Julie 2010 | Uitdeel van kostuums |
| Woensdag, 11 Augustus 2010 | “Pas dag” – Leerders bring kostuum saam skool toe. |
| Maandag, 16 Augustus 2010 | Kleedrepetisie in Staatsteater |
| 17-20 Augustus 2010 | REVUE - 19:00 |
| Vrydag, 20 Augustus 2010 | Gala-aand – 19:00 |
Kostuumreëlings:
Elke leerder ontvang reeds Vrydag, 30 Julie sy volledige kostuum, in ‘n sakkie met sy naam op. Woensdag, 11 Augustus is “Pas dag”. ‘n Dag 3 dagprogram word steeds gevolg. Leerders sal elk sy eie kostuum hou tot aan die einde van die revue en self daarvoor verantwoordelik gehou word.
Logistiese reëlings t.o.v Kleedrepetisie:
Logistiese reëlings t.o.v optredes:
Ons vra dat leerders tydens optredes ‘n volledige ete tuis sal nuttig, voor u hom by die skool besorg saans. Geen kos word toegelaat nie, slegs water, nie eers ‘n pakkie chips nie. Indien daar enige skade aan klere is, sal u daarvoor verantwoordelik gehou word.
Tyd:
Graad 1 tot 4 asook alle hoofkarakters: moet om 17:30 reeds by hulle voogklasse, volledig geklee aanmeld.
Graad 5 tot 7: meld om 18:00 by hul voogklasse, volledig geklee aan.
Vervoer en toesig:
Spesiale moeite is gedoen rakende toesig en sekuriteit. Toesig by skool sal vanaf 17:30 geskied. Elke voogonderwyser vergesel sy eie klas na busse, op busse en vanaf Staatsteater tot weer by die skool
Wanneer leerders terug arriveer by die skool, gaan hulle direk na die saal vir toesig, waar hul ‘n DVD sal kyk. Geen kind word op die stoep of klas alleen gelaat nie. U kom u kind self afhaal by die saal.
Leerders bring geen bagasie saam nie. Dit kan nêrens opgepas word nie, geen kos, geen speletjies nie, slegs water.
Staatsteaterprogram begin elke aand om 19:00 en eindig ongeveer om 21:00. Toesig by die skool sal dus net tot 21:30 wees. U kan u kind die aande wat u nie die revue bywoon nie, vroeër kom haal, veral graad 1 – 4 kinders wat vroeër met busse terugkeer, ongeveer 20:30. Graad 5 – 7 sal tussen 21:15 -21:30 by die skool terug arriveer.
Kaartjie verkope:
Kaartjies is beskikbaar vanaf Maandag 31 Mei, by die administratiewe kantoor.
Maandae tot Vrydae 7:00 tot 9:00 en 13:00 tot 14:00.
Koste: R120 per persoon.
Moet dit nie misloop nie. Bring oupa en ouma saam.
Algemeen
Die leerders mag onder geen omstandighede die Staatsteater alleen verlaat nie. Streng toesig geld. Geen uitsondering of vergunning word gemaak ten opsigte van ons sekuriteitsreëlings nie.
Geen huiswerk sal in die revue week gegee word nie.
Indien u sou belangstel kan u met me. Sharise van die Naskoolsentrum reël vir ‘n eendag diens (toesig en ete om 17:00)

Revue 2010

