Welkom by ons storie...

Jou kind, is die hoofkarakter.

Raak deel van die Lynnie-familieverhaal deur jou kind reeds vanaf Graad RRR (3/4 jariges) in te skryf.

By Lynnies, is elke dag opedag. Mnr. Steve Stolk is die Uitvoerende Hoof en nooi elke voornemende Lynnie-ouer om vooraf te loer hoe dit by Laerskool Lynnwood lyk oor ‘n heerlike koppie koffie.

Kontak me. Charlotte Mooij of mnr. Steve Stolk direk om ‘n afspraak te maak.

Me. Charlotte Mooij:
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Mnr. Steve Stolk:
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
of 082 550 1139

Beperkte plekke beskikbaar vir graad RR en R vir 2023.

Hoe word ek 'n lynnie?

Dienste

Laerskool Lynnwood lewer die volgende dienste

Akademie

Die belangrikste element van jou kind se verhaal by Laerskool Lynnwood, is Akademie. 


Akademie
Sport

Oefening is goed vir ‘n mens. Dit ontwikkel kinders fisies en emosioneel en lei tot vele avonture op en langs die sportveld.

Sport
Kultuur

Laerskool Lynnwood kleur jou kind se storieboek in met verskillende kultuurvorme.


Kultuur
Naskool

Om tuis te voel, net soos by die huis, is die tema van die Naskool-verhaal. 


Naskool
Winkel

Lynnies se Klerewinkel verskaf skool-en sportklere om elke hoofkarakter uit te rus! Die winkel is geleë op die skoolterrein vir ouers se gerief.

Winkel
Ondersteuning

Elke lewensverhaal bestaan uit verskeie intriges, gebeurtenisse en ervarings. 
Omgee@Lynnies is ‘n platform waar behoeftige kinders finansieël en emosioneel ondersteun word.

Ondersteuning

Uitvoerende Hoof

 ​​​Ontmoet ons hoof, mnr. Steve Stolk

mnr. Steve Stolk

Uitvoerende Hoof

Ons eie ridder op die wit perd…… 

Mnr. Steve is die vriendelikste hoof in die hele Pretoria. Sy karakter spreek vanself en is daagliks sigbaar in sy verhoudings met sy personeel, Lynnie-ouers en natuurlik, die kinders. Hy vermaak ons Lynnie-maats gereeld met sy oulike Nugget-stories en sy snaakse sokkies is die hoogtepunt van elke Lynnie se dag!   

Maar mnr. Steve kan ook ernstig wees. Hy dra elke Lynnie se behoeftes op die hart maak altyd tyd om te luister en te help. Kom drink gerus ‘n koppie koffie om hom, en ons skool, beter te leer ken.

Boodskap van Mnr. Stolk

Moontlike vrae

Hoe skakel ek in by die naskool? 

Die proses is so eenvoudig soos 1… 2… 3 …  

  • Laai ‘n Naskool inskrywingsvorm af.
  • Voltooi die vorm. 
  • Stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  

Ons doen die res!  

WELKOM by ons Lynnies Naskool storie – ‘n Fantastiese avontuur wag op jou. 

Hoe werk lynnies se winkel?

Elke karakter nodig ‘n uitrusting en die Klerewinkell beklee ons Lynnies van kop-tot-toon. Alle skool-en sportklere word vanuit die klerewinkel verkoop vir u gerief. 

[Laai die brosjure van ons skooldrag hier af.] 

WINKELURE: 

  • Maandae, Dinsdae en Donderdag: 07:00 – 08:00 en 12:30 – 13:30. 
  • Woensdae: GESLUIT 
  • Vrydae: 07:00 – 08:00 en 12:00 – 13:00. 

Kontak me. Sharise Janse van Rensburg direk by 082 340 3060 of per e-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir enige navrae. 

Hoe word ek 'n Lynnie?

Jou storie begin hier…  

OUDERDOM EN GRAAD 

Ons grade by Laerskool Lynnwood se Pre-Primêr werk as volg: 

Die jaar wat kleuters: 

  • 4 jaar oud word = Graad RRR 
  • 5 jaar oud word = Graad RR 
  • 6 jaar oud word = Graad R

LAAI DIE INSKRYWINGSVORM AF 

Inskrywingsvorm

VOLTOOI DIE VORM 

E-pos die voltooide vorm: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Maak asseblief seker dat die vorm op al die betrokke plekke onderteken is. 

Heg die volgende dokumente aan: 

  • Afskrifte van ouers se ID-dokumente 
  • Leerder se geboortesertifikaat 
  • Immuniseringskaart
  • Bewys van adres  

KOM KUIER BY ONS VRIENDELIKE HOOF 

Kontak die hoof, mnr. Steve Stolk by 082 550 1139 of sy sekretaresse by 012 348 1306 om ‘n afspraak te maak. Mnr. Stolk se koffie is die beste! Kinders is ook welkom om saam te kom kuier! 

BEVESTIGING VAN AANSOEK 

Me. Charlotte Mooij sal 'n bevestigings e-pos aan u deurstuur sodra alle aansoeke verwerk is. 

Om u kind vir graad 1 by ‘n publieke laerskool in te skryf, is dit verpligtend om die Gauteng Departement van Onderwys se aanlynplatform te gebruik by: 

www.gdeadmissions.gov.za

Kontak ons

Rodericksweg 450,
Lynnwood,
Pretoria,
0081

Admin personeel
Thank you! Your message has been sent.
Unable to send your message. Please fix errors then try again.