Skip to content
VOORTREKKERS

Soetdoring Voortrekkerkommando is reeds sedert 1968 deel van Laerskool Lynnwood, alhoewel enige belangstellende kinders van buurskole ook mag aansluit. Ons bestaan tans uit 100 geregistreerde lede.

Voortrekkers se doel is om ons Afrikanerkinders, ongeag velkleur, die geleentheid te bied om op ‘n moderne manier, kultuur in die natuur deur avontuur te geniet.

By die Voortrekkers word ons jeug se lewens- en sosialevaardighede, soos spanwerk, ontwikkel. Hier hul leer om as diensbare leiers ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap en ons land te kan lewer.

Asset 2

Daar word elke week op Woensdae vanaf 15:45 – 17:00 spanbyeenkomste op die netbalbaan by Laerskool Lynnwood, soos deur die Kommandoleier en die offisiere, gereël.

Nuwe jeug- en volwasse aansoekers, moet ‘n lederegistrasievorm voltooi by https://registrasie.voortrekkers.co.za.

Nie-Voortrekkers word genooi om deel te neem aan ons aktiwiteite.

Kommandoleier

Kallien Erwee
082 707 7836

Administrasie

Lindi Erasmus
081 039 0699

PD Sake

Karen Stander
079 894 2574

Volwasse opleiding

Jaco Erasmus
083 389 1751

Finansies

Hannes Erwee
072 570 2964

Lynnwood Skakel

Eudene Swart
083 604 1670