Tuisblad

REKENAARSTUDIE

Aantal periodes

  • Pre-Primêre fase (gr. R) 2 periodes in ‘n 10-dag siklus.
  • Grondslagfase (gr. 1 – 3) 2 periodes in ‘n 10-dag siklus.
  • Intersenfase (gr. 4-6) 2 periodes in ‘n 10-dag siklus.
  • Intersenfase (gr. 7) 2 periodes in ‘n 10-dag siklus.

Rekenaars

Leerders sit in alfabetiese volgorde (volgens klaslys nommers) elk by ‘n rekenaar.

  • GF Profiel vir die gr. R tot 4-leerders
  • 5 profiel vir die gr. 5-leerders
  • 6 profiel vir die gr. 6-leerders
  • Elke gr.7-leerder teken in met hul eie ‘username’ en ‘password’ en besit ook elk ‘n Outlook e-pos adres. Hierdie e-posse kan slegs intern gestuur word aan mekaar en onderwysers.

Klaswerk

Rekenaargeletterdheid word geïntigreer met ander skoolvakke, veral in die intersenfase. ‘n Kort demonstrasie word gegee d.m.v. Net Share program wat op elke leerder se rekenaar wys of deur die projektorskerm. Die onderwyser loop rond en help waar nodig. Ons werk met Office 2010 en Windows 10.

Tuiswerk

Soms word opdragte gegee aan bv. gr.7 om ‘n cd met foto’s saam skool toe te bring, maar oor die algemeen word tuiswerk nie gegee nie.  Leerders word wel aangemoedig om tuis die nuwe vaardighede wat aangeleer is, in te oefen. Die gr. 6’e ontwerp bordspeletjies en moet die speletjie tuis versier.

Werk op webblad

Van die webtuistes word op die skool se webblad onder Rekenaarstudie geplaas, sodat die leerders tuis toegang het daartoe.

Assessering

Een opdrag in ‘n kwartaal word aan die gr. R – 3 leerders uitgedruk om huis toe te neem.  Gr. 4 – 7 voltooi 2 assesserings deur die loop van die kwartaal. Werk word uitgedruk en in ‘n lêertjie geliasseer.

Afwesighede

Dit is moeilik om verlore werk in te haal, dus beveel ons aan dat leerders in pouses  take voltooi.