• Tuisblad
  • Akademie
  • Sport
  • Kultuur
  • Ondersteuning
  • Dokumente
  • Tuisblad
  • Akademie
  • Sport
  • Kultuur
  • Ondersteuning
  • Dokumente

Welkom by Pre-Pimêr

Ons is ‘n juweel in die hartjie van die Ooste van Pretoria. Hetsy jou kind as superheld of prinses sy of haar karakter wil uitleef, bied Lynnies Pre-Primêr ‘n geborge atmosfeer waar hul speel-speel deur passievolle personeel begelei word om holisties te groei en hul sprokies-lewensverhaal kan begin.

Ons visie is om die mees toonaangewende Pre-Primêre skool te wees wat kleuters in ‘n geborge atmosfeer tot skoolgereedheid begelei.

Kontak Personeel

Ons is ‘n professionele instansie met gekwalifiseerde, uitkomsgedrewe personeel wat elke kleuter se individualiteit raaksien en daarna streef om kleuters op ‘n deursigtige, liefdevolle en kreatiewe wyse te ondersteun om sy/haar eie boek te skryf.

Laerskool Lynnwood Pre-Primêr het 4x gr. RRR-klasse (3-4 jariges), 4x gr. RR-klasse (4-5 jariges) en 5x gr. R-klasse (5-6 jariges).

Ons glo aan die handhawing van die gemeenskap se waardes en sien onself as ‘n verlengstuk van die ouerhuis. Saam vat ons hande met die groot taak om elke kleuter se opvoeding te vervolmaak.

Laerskool Lynnwood Pre-Primêr se kommunikasie is gebasseer op wedersydse respek, vrymoedigheid en toeganklikheid, daarom glo ons aan ‘n oopdeurbeleid.

Ons kleur ons kleuters se storieboek-prente in met fisiese en emosionele versorging van ons kleuters, in ‘n kindervriendelike en veilige omgewing.

Spanwek is prioriteit. Die professionele optrede van ons personeel laat ruimte vir elke kleuter en ouer se uniekheid, maar ook hul kinderlike verbeelding.

Gr. RRR en- gr. RR-kleuters volg die SAOU se kurrikulum, as ‘n minimum vereiste, gebasseer op elke kleuter se ontwikkelingsvlak. 

Die gr. R- kleuters volg die voorgeskrewe kurrikulum, vanaf die Departement van Onderwys (Die CAPS Kurrikulum). Daar word op die volgende leerareas gefokus: Afrikaanse Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardigheid.

Ons vrywaar kwaliteit onderrig gebasser op vernuwing en kreatiwiteit wat tot skoolgereedheid lei.

Alle assessering vind deurlopend op ‘n informele wyse plaas. Daar word kwartaaliks aan ouers, in die vorm van vorderingsverslae, terugvoer gegee.

Daar sal ouermiddae gereël word om die kleuters se vordering en ander sake te bespreek.

Om kleuters op te bou en hul selfbeeld te ontwikkel is vir ons belangrik. Daarom volg Laerskool Lynnwood Pre-Primêr ‘n dissiplinestelsel gebasseer op die skool se 12 waardes. Hiervolgens word die kleuters begelei om die regte besluite te neem en verantwoordelikheid aan te leer.

Hoe laat kan ek my kleuter aflaai en wat behels die dagprogram?

Kleuters kan tussen 7:00 en 8:00 afgelaai word. Kleuters geniet hul kosblikke om 10:00 of 10:30. Die dagprogram eindig om 12:30 vir graad RRR en RR-kleuters en om 13:00 vir graad R-kleuters.​Sample text. Click to select the Text Element.

Algemene inligting:

Daar word ‘n wye verskeidenheid buitekurrikulêre aktiwiteite op die skoolterrein aangebied. Kleuters kan aan aktiwiteite deelneem soos:

Laerskool Lynnwood se Kunste Akademie bied die volgende:

Die gr. R-kleuters kry die geleentheid om in die Pre-Primêre  koor te kan sing. 

Die kleuters neem weekliks aan ‘n Sport Kinder Ontwikkelings Program deel. Tydens die program word die kleuters se groot motorise vaardighede ontwikkel en kry hul blootstelling aan sekere sportsoorte

Rekenaarklasse word eenmaal per week by die laerskool aangebied en is deel van die gr. R-kurrikulum.

Musieklesse word aangebied en is deel van ons gr. RRR tot gr. R-kurrikulum. Die klem val op luistervaardighede, woordeskatuitbreiding, sang, deelname, ritme, beweging en genot.

Dienste

By Laerskool Lynnwood maak ons voorsiening vir die onvoorsiene:

Alle klasse word klasikaal sowel as aanlyn aangebied. 

Indien nodig word heronderrig gratis deur die personeel aangebied. Elke kleuter se optimale ontwikkeling is vir ons van kardinale belang.

Ons het ‘n verskeidenheid van terapeute soos:
  • Arbeidsterapeute, 
  • spraakterapeute en 
  • ‘n opvoedkundige sielkundige op die terrein.

Die terapeute werk as ‘n span saam met die onderwysers en ouers om struikelblokke vroegtydig uit die weg te ruim. Saam maak ons mekaar se hande sterk.

SAOU se kurrikulum

Gr. RRR en- gr. RR-kleuters volg die SAOU se kurrikulum, as ‘n minimum vereiste, gebasseer op elke kleuter se ontwikkelingsvlak.

Die CAPS Kurrikulum

Die gr. R- kleuters volg die voorgeskrewe kurrikulum, vanaf die Departement van Onderwys (Die CAPS Kurrikulum). Daar word op die volgende leerareas gefokus: Afrikaanse Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardigheid.

©️ Laerskool Lynnwood

 012 348 8894

 Rodericksweg 450, Lynnwood, Pretoria, 0081, Suid-Afrika

Log in My Tegnologie