“Ons kan nie altyd die toekoms vir ons jeug bou nie, maar ons kan ons jeug vir die toekoms bou.” Franklin D. Roosevelt
Die Intermediëre fase en Senior fase (Intersen Fase) ondersteun die filosofie dat alle leerders kan leer. Ons streef daarna dat kennis, begrip, vaardighede, houdings, waardes en norme die boustene van ons onderrigstyl vorm.
Op akademiese terrein poog onderwysers om die hoogste standaard te bereik en te handhaaf. Om dit te bewerkstellig bly onderwysers op hoogte van die nuutste tegnologie en onderwys metodes. By Laerskool Lynnwood streef ons na akademiese uitnemendheid.
Die belangrikste beginsels vir ons leerders kinders is:
· om te weet
om te dink
om te doen
om te waardeer
om te wees.
By Laerskool Lynnwood vind leer nie net binne die klaskamer plaas nie. Laerskool Lynnwood het ook ‘n aanlyn leerplatform op MsTeams, vir die Gr. 4 tot 7-leerders. Hierdie virtuele platform bied lesse in video-formaat, werkkaarte, memorandums en PowerPoints, wat leerders vanaf enige plek, in hulle eie tyd en teen hul eie pas asook aanvullend tot skoolonderrig kan gebruik. Daar word daagliks ‘n regstreekse les uitgesaai sodat indien afwesig is, kan alle werk vir die dag deur middel van Ms Teams ingehaal word sodat die leerders voorbereid is as hulle weer terug is by die skool
Laerskool Lynnwood het ook ‘n na-uurse akademiese ondersteuningsentrum vir graad 4-7 leerders, waar leerders akademiese hulp en ondersteuning kan kry. Leerders wat byvoorbeeld afwesig was en nie voldoende kon inhaal op MS Teams as gevolg van gebrek aan tegnologie by die huis nie, óf ekstra hulp nodig het in sekere aspekte van die werk, kan inskakel by die sentrum.
Die amptelike KABV (CAPS) kurrikulum van Suid-Afrika word dus gevolg, deur nuwe, moderne onderwysinisiatiewe wat leerders toerus vir die 21ste eeu.
Kontak personeelDie volgende vakke maak deel uit van die Intersenfase
Leerders moet besef dat huiswerk in die middae prioriteit is en dat dit hulle verantwoordelikheid is.
Dit moet bestuur word, sodat dit nie afgeskeep word nie.
U kind moet leer om onafhanklik te werk, maar ondersteun nog steeds.
Sommige vakke ontvang huiswerk vir die hele week, op ’n Maandag, óf vorige Vrydag. Dit sal hoofsaaklik inskerping wees van werk wat behandel is.
Meeste van die klaswerk word in die klas gedoen en dadelik geassesseer. Leerders moet dus leer om die tyd in die klas sinvol te gebruik, aangesien klasassessering baie belangrik is.
Asssessering vind deurlopend op ‘n 7-puntskaal vir gr. 4 – 7 leerders plaas.
In kwartaal 1 en 3 ontvang die gr. 4 tot 7- leerders ‘n toetsrooster in die tweede week nadat die skool begin het.
Afbakening is skriftelik en op die d6 Connect toepassing, een week voor die toets afgelê word, beskikbaar.
In kwartaal 2 en 4 word eksamens geskryf en afbakening word 4 weke voor eksamen begin op die d6 Connect toepassing gelaai en aan ouers ge-epos.
Kleiner klastoetsies en informele assessering kan nog steeds afgelê word.
Toetse word sodra dit gemerk is, uitgedeel (binne een week nadat die toets geskryf is), en leerders doen self die nasorgwerk op die vraestel, in potlood.
Die memorandum sal hiertydens in die klas behandel word.
Geen geskrewe memorandums sal gegee word nie. Leerders moet leer om self die korreksies aan te bring. Indien daar navrae is oor toetse en punte sal die onderwyser graag na die leerder self luister.
Daar word ‘n assesseringsprogram aan die begin van kwartaal 1-4 uitgegee waarop die verskillende vakke se assesseringstake en/of opdragte uiteengesit word. Dit is slegs ‘n konsepprogram, maar gee ‘n goeie aanduiding van wanneer daar in die verskillende vakke geassesseer gaan word.
Indien u kind afwesig is, is dit sy/haar eie verantwoordelikheid om die werk in te haal.
Maak asseblief gebruik van die “Buddy”-stelsel waar maats telefoonnommers uitruil en mekaar bel om uit te vind watter werk voltooi moet word. Alle beplanning, werkkaarte en Powerpoint aanbiedinge word op MS Teams gelaai.
Indien u kind afwesig is tydens ‘n toetsperiode, word die toets geskryf die eerste dag wat u kind weer by die skool is.
Dieselfde geld vir take en projekte. Take of projekte word afgehandel, sodra die kind weer terug is by die skool.
Dit is standaard praktyk dat assessering in klastyd geskied en voltooi word. Daar is tog navorsingsopdragte en projekte wat voorbereiding tuis verwag. Stiptelikheid met inhandiging van opdragte en assesseringstake is van die uiterste belang. Indien ‘n opdrag laat ingehandig word, sal die leerder gepenaliseer word. Selfstandige uitvoering van opdragte sal hoog aangeskryf word.
‘n Leerder moet die volgende promosiepunte behaal om te kan slaag:
‘n Leerder moet die volgende promosiepunte behaal om te kan slaag: