weblogo Laerskool Lynnwood - Kommunikasie

 

 

 

 

 

 

 

 

KOMMUNIKASIE IN SKOOL

 

 

 

 

 


Beste ouers,

 

Laerskool Lynnwood ag dit baie belangrik om u as ouers op hoogte te hou van gebeurtenisse en aktiwiteite, sowel as veranderinge wat plaasvind op ons jaarlikse kalender.

 

Ons gee graag die verskillende maniere van kommunikasie in Lynnwood aan u deur, asook die volgorde waarin dit deurgegee gaan word.

 

Volgorde van Kommunikasie:

  1. d6 Connect Toepassing (hierna verwys as d6 Connect)
  2. Whatsapp groepe
  3. E-pos na u persoonlike e-posadres deur Principal Software program.
  4. Lynnies Beeld
  5. SMS
  6. Webblad

 

  1. d6 Connect Toepassing

Die d6 Connect Toepassing is ‘n toepassing wat op u slimfoon aflaaibaar is. Alle nuutste inligting en gebeure sal dan outomaties op die toepassing opdateer word.

 

Die d6 Connect Toepassing is gratis onder App. Storevir iPhoneen Play StorevirAndroidbeskikbaar. Sleutel net d6 Connect in en die ikoon sal verskyn. Volg die nodige stappe om die App. af te laai deur eers te registreer en dan in te teken.

 

Ons wil graag ’n dringende versoek aan u rig om d6 Connectop u selfoon te installeer. Alle dokumente en inligting kan maklik daarop nagegaan word en kennisgewings of “Alerts” sal direk as ’n SMS op u foon verskyn wat u op hoogte sal hou van enige veranderinge/belangrike inligting. Belangrike dokumente soos afbakenings, briewe met skeurstrokies, rekeningstate asook die Lynnies Beeld, sal ook  steeds per

e-pos aan u gestuur word indien u dit wil uitdruk.

 

Kliek gerus op “Settings” regs-bo op die toepassing en verwys na “Help” indien u enige hulp nodig het rondom die gebruik van die toepassing.

 

 

 

 

d6 Connectsal die volgende inligting bevat:

  • Week se gebeure (Daaglikse nuus wat elke dag verander.)
  • Volledige kalender
  • Lynnies Beeld en Mini-Beeld
  • Omsendbriewe van akademie, sport, kultuur, Pre-Primêr, Naskool ensovoorts.
  • Grondslagfase huiswerk
  • Kwartaaltoets- en eksamenroosters en afbakenings
  • Kontaknommers van personeel
  • Algemene skool administrasie

 

Koppel u kind/ers op die toepassing vir akademiese punte, dissipline uitslae, huiswerk asook finansiële inligting. Hiervoor benodig u u kind se volledige ID nommer.

Maak asseblief seker dat u al die nodige kanale gemerk het op die i-knoppie om seker te maak dat u relevante inligting ontvang.

 

Indien u enige navrae het, kan u me. Sharise Janse van Rensburg kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 

  1. Whatsapp Groepe

Die skool maak gebruik van Whatsapp groepe, aangesien dit direkte kommunikasie tussen die onderwyser/organiseerder aan die ouer bied. Boodskappe of inligting wat deur Whatsapp groepe uitgestuur word, sal slegs dien as herinnering van gebeure, wysiging van reëlings ensovoorts.

 

Slegs die voogonderwyser, graad en klasverteenwoordigers sal boodskappe kan plaas. Die Whatsapp groep is so opgestel dat daar nie kommentaar gelewer kan word nie.

Ons kinders moet leer om self te luister en self verantwoordelikheid te neem vir opdragte en reëlings soos deurgegee deur personeel. Geen dokumente, lyste, vorms ensovoorts sal op Whatsapp groepe uitgestuur word nie, daar sal slegs na die d6 Connect verwys word.

 

Navorsing het bewys dat ons kinders verleer om te luister, aangesien daar altyd ‘n vangnet is wat hulle beskerm. Kom, ons as Lynniegemenskap bewys die teendeel – maar dan moet ons ons kinders vertrou en die geleentheid gee om te luister en verantwoordelikheid te aanvaar.

 

  1. E-pos Kommunikasie

Daar is verskeie personeel wat van hierdie funksie gebruik maak om direk met u te kommunikeer. Hierdie epos word vanaf ons administratiewe stelsel, d6 +gestuur. Personeel skep ’n komitee bv. Rugby of Juniorkoor met betrokke ouers en daardeur ontvang slegs daardie ouers die epos.

 

Rekeningstate word ook maandeliks aan die rekeningpligtige ge-epos.

 

  1. Lynnies Beeld

Die Lynnies Beeld is ons weeklikse nuusbrief wat elke Donderdagoggend per e-pos aan alle ouers in die skool uitgestuur word. Dit bevat die volgende inligting:

  • Artikels van spoggeleenthede by die skool soos Pretdae ensovoorts.
  • Opkomende geleenthede
  • Sport-en Kultuur uitslae
  • Advertensies

 

Enige navrae rondom die Lynnies Beeld kan aan me. Grieta Swart gestuur word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 

  1. SMS Kommunikasie

Slegs belangrike inligting sal per SMS aan u deurgestuur word. Hierdie SMS word ook vanaf ons stelsel gedoen en daarom moet u asseblief nie na die nommer terugstuur nie.

SMS’e word gestuur vir:

  • Nood
  • Laaste minuut veranderings
  • GEEN herinnerings van aktiwiteite of verwysing na skrywes wat uitgestuur word, sal meer per SMS aan ouers deurgegee word nie. d6Connect sal in die toekoms daarvoor gebruik word.

 

  1. Webblad

Besoek gerus ons webblad by www.lynnwoodlaer.co.za. Die webblad is die primêre bron van bemarking vir die skool en bevat meestal inligting rakende die volgende:

  • Visie van die skool
  • Pre-Primêr inligting en kontakbesonderhede
  • Grondslagfase inligting en kontakbesonderhede
  • Intersenfase inligting en kontakbesonderhede
  • Beheerliggaam inligting
  • Skoolure
  • Finansiële inligting
  • Skooldrag
  • Skoolkontaknommers en e-pos adresse
  • Padkaart na Laerskool Lynnwood
  • Buitemuurse inligting: Sport en kultuur
  • Winkel en snoepie-inligting
  • Naskoolsentrum inligting
  • Foto’s

 

’nIngeligte ouer, is ’n gelukkig oueren daarom maak ons staat op u ondersteuning.

 

 

Vriendelike groete

 

 

Sharise Janse van Rensburg                                          Steve Stolk

BEMARKING                                                                   UITVOERENDE HOOF