Aktiwiteite

Laerskool Lynnwood lewer die volgende aktiwiteite

Senior koor

Ons doel is om leerders se sangtalent en liefde vir musiek te ontwikkel, asook om deelname in groepsverband te bevorder deur aan kooroptredes en kompetisies deel te neem.

Senior Koor
Juniorkoor

Ons doel is om gebalanseerde Lynnies te kweek deur leerders se stemme en liefde vir musiek te ontwikkel, asook om sosiale vorming, selfdissipline en deelname in groepsverband aan te moedig deur deelname aan kooroptredes en kompetisies.

Juniorkoor
Pre-Primêrekoor

Ons skool spog met ‘n Pre-Primêre koor.

pre-primêrekoor
VOORTREKKERS

Ons is ‘n dinamiese kultuurbeweging vir die jeug, gerig deur ‘n Bybels-Christelike lewens- en wêreldbeskouing tot ‘n lewenswyse van eer aan God en diens aan volk, land en medemens.

voortrekkers
Kunste Akademie

Laerskool Lynnwood se Kunste Akademie is ’n een-stop diens waar u kind aan ’n verskeidenheid kultuuraktiwiteite kan deelneem op of naby die skoolterrein. Die Kunste Akademie stel slegs top dosente aan en fokus op gehalte onderrig. 
Lestye word met dosente gereël volgens u kind se skedule, waar moontlik en daar word gepoog om elkeen se behoeftes te akkommodeer.  
Ons bied klasse aan vanaf Gr.RRR, die jaar waarin u kind 4 jaar oud word.  

kunste akademie 
LOK Fees

Die LOK-Fees word jaarliks in die laaste week van Augustus vanaf 2006 aangebied. 
Dit is Laerskool Lynnwood se eie kunstefees, waar leerders hulle talente op hulle eie “verhoog” kan opvoer.  
Daar is 8 verskillende kunsvorme waarvoor die leerders kan inskryf. Elke kunsvorm het afdelings wat beginners en leerders wat nie onderrig ontvang insluit.  

LOK Fees
Redenaars

Redenaars

Redenaars