Die Pre-Primêre koor van Laerskool Lynnwood bestaan jaarliks uit min of meer 65 vrolike Graad R kleuters.
Kontak OnderwysersDie Pre-Primêre koor van Laerskool Lynnwood bestaan jaarliks uit min of meer 65 vrolike Graad R kleuters. Die kleuters word gekies na die afloop van ‘n ouderdomsgepaste keuringsproses, wat hul plek in die koor bevestig. Vir die kleuters wat deel is van die koor, is dit ‘n besondere ervaring en bly dit 'n voorreg om deel uit te maak van ‘n gesamentlike groep individue. Deelname aan 'n koor is nie alleen van opvoedkundige waarde nie, maar ook belangrik vir sosiale vorming van elke koorlid, die bou van mooi vriendskappe, die kweek van selfdissipline, onbaatsugtigheid, die ontwikkeling van musieksmaak en ‘n liefde vir musiek.