Soetdoring Voortrekkerkommando is reeds sedert 1968 deel van Laerskool Lynnwood, alhoewel enige belangstellende kinders van buurskole ook mag aansluit. Ons bestaan tans uit 109 geregistreerde lede.
Voortrekkers se doel is om ons Afrikanerkinders, ongeag velkleur, die geleentheid te bied om op 'n moderne manier, kultuur in die natuur deur avontuur te geniet en die Here te dien. Hulle leer om goeie waardes in hul persoonlike lewens uit te leef en ook om gemeenskapswaardes deurmiddel van diens, deelname en standpunte te help vorm.
By die Voortrekkers word ons jeug se lewens- en sosialevaardighede, soos spanwerk, ontwikkel en hul leer om as diensbare leiers ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap en ons land te kan lewer.
Ons is tans besig om ons splinternuwe webblad op te
dateer. Inhoud sal binnekort beskikbaar wees. Kom asseblief gereeld terug om
die nuutste inligting hier te kry.
Die Voortrekkerbeweging is hierdie jaar reeds 90 jaar oud en is 'n verhaal van volwasse vrywilligers wat hul vrye tyd gebruik om die liefde vir Afrikaans, Afrikaner- kultuur, Afrikanerkinders, maar bo alles, die Here, te bevorder.
Die Voortrekkers bied Spesialisasies en Avontuuraktiwiteite deur kenners aan wat voldoen aan streng riglyne. Die kinders se hoogtepunte is gewoonlik die avontuuraktiwiteite soos Spoorkennis, Kampeerder, Kampkook, Seekennis, Omgewingskennis, Ruimtewaarneming, Groepspele, Boeresport, Waterfiksheid, Fietskunde, Weerkennis, Plaaslewe, Seediere, Roeikuns, Brandweer, Varswaterhengel, Staptogte, Ruiterkuns en talle meer aangebode naweekaktiwiteite.
Daar is meer as 90 verskillende spesialisasie waaraan die kinders mag deelneem en erkenning voorontvang in die vorm van 'n materiaal-kenteken wat op sy/haar erkenningsbaadjie vasgestik word.
Sover moontlik is daar elke week op Woensdae vanaf 15:45 - 17:00 spanbyeenkomste op die netbalbaan by Laerskool Lynnwood, soos deur die Kommandoleier en die offisiere gereel.
Nuwe jeug- en volwasse aansoekers, moet ‘n lederegistrasievorm voltooi byhttps://registrasie.voortrekkers.co.za.
Nie-Voortrekkers word genooi om deel te neem aan ons aktiwiteite.Verdere Spesialisasie-aanbiedinge sal ook aangekondig word soss wat die pandemie-inperkinge ons toelaat.
Komandoleier:
Adjunk-kommandoleier Administrasie
Offisier graad R & 1 & Bemarking
Offisier graad 2 & 3 & Projekte
Offisier graad 4
Offisier graad 5
Offisier graad 6
Offisier graad 7