Laerskool Lynnwood se Kunste Akademie is ’n een-stop diens waar u kind aan ’n verskeidenheid kultuuraktiwiteite kan deelneem op of naby die skoolterrein. Die Kunste Akademie stel slegs top dosente aan en fokus op gehalte onderrig.
Lestye word met dosente gereël volgens u kind se schedule, waar moontlik en daar word gepoog om elkeen se behoeftes te akkommodeer.
Ons bied klasse aan vanaf Gr.RRR, die jaar waarin u kind 4 jaar oud word.
Die Kunste Akademie bied leerders die geleentheid om aan verskeie Kunsvorme blootgestel te word.
Kontak gerus die betrokke dosente om vir u kind ’n lestyd te organiseer. Sien ook d6 Connect vir die Kunste Akademie Registrasievorm en inligting rakende registrasie as lid van die Kunste Akademie.
Kunste Akademie fooie is aan die skool betaalbaar om dit vir u so gerieflik moontlik te maak.
Skryf vandag nog in en ervaar eersdaags – kultuur kraai koning!