In die geskiedenis is daar menige bewyse van hoe die krag van woorde die gang van sake al verander het. Een voorbeeld daarvan is Winston Churchill - hoe hy die Britse volk oorreed het dat gevegte op die strande die moeite werk is. Deur sy toesprake het Hitler die Duitse volk vir die Tweede Wereldoorlog bankvas agter hom verenig.
'n Spreker wat die kuns het om die gehoor met sy woorde aan te gryp, beinvoloed mense, bevredig behoeftes en oorreed hulle tot aksie.
Om gedagte te kan verbaliseer sodat mense luister, verstaan en daarop reageer, is 'n vaardigheid wat die meeste suksesvolle mense in gemeen het.
ATKV–Redenaars gee leerders die platvorm om hul sȇ met selfvertroue in Afrikaans te sȇ. ‘n Vaardigheid wat hulle in die toekoms aan die voorpunt in hul veld sal plaas.
Die Covid–19 pandemie is steeds met ons. Die “nuwe” skoolkalender en die onsekerheid rakende die pandemie het die ATKV genoodsaak om die ATKV-Redenaarskompetisie anders te verpak.
Die kompetisie verloop soos volg. Een aanlyn uitdunrondte en ‘n nasionale finaal.
Die ATKV bepaal die getal deelnemers wat deurdring na die finaal.
Daar word jaarliks ‘n onvoorbereide toespraak werkswinkel aangebied. Die werkswinkel fokus daarop om graad 6 en 7 leerders op ‘n praktiese wyse die nodige vaardighede te leer van hoe om vir ‘n onvoorbereide toespraak voor te berei.
Ander feeste word deur die loop van die jaar bekend gemaak.
Laerskool Lynnwood se top 6 deelnemers per graad kon inskruf vir hierdie kompetisie. As gevolg van die Covid- 19 pandemie, vind sal die eerste rondte van die Interskiole Redenaarsliga SA, aanlyn
Plaas en die Nasionale rondte in persoon.