Ons doel is om leerders se sangtalent en liefde vir musiek te ontwikkel, asook om deelname in groepsverband te bevorder deur aan kooroptredes en kompetisies deel te neem.
Die koor bestaan uit 80 tot 100 lede van gr.4-7 leerders. Oudisies vir die opvolgende jaar geskied gedurende die 3e kwartaal.
Ons het jaarliks ‘n koorkamp in die eerste week van Februarie waar ons hard werk, maar ook baie pret het. Koorfeeste en –kompetisies is daar om vir onsself uitdagings te stel. Om te presteer is nie die belangrikste nie, maar is tog ‘n beloning vir harde werk wat deur koorlede en –personeel ingesit word.
Manri Botes (Koorleier)
071 106 1986
Anina Mostert (Organisering)
0832362651
Gisela du Plessis (Hulp met organisering)
079 959 5595