weblogo Laerskool Lynnwood - Naskool

Algemene Inligting

By Laerskool Lynnwood se Kleuternaskool is jou kind voorwaar, "Tuis, soos by die huis".ns_0004 Laerskool Lynnwood - Naskool

Die Naskool bepaal tot 'n groot mate ouers se keuse van 'n skool en by Lynnies se Naskool is ouertevredenheid en gelukkige kinders ons prioriteit. Ons skep 'n veilige omgewing waar u kind fisies, emosioneel en sosiaal, optimaal kan ontwikkel. Die grootste uitdaging by die naskool is kleuters wat namiddae nie huistoe wil gaan nie...

Lynnies se Kleuternaskool bied jou: 

  • Gebalanseerde maaltye
  • Gestruktureerde slaaproetine vir Graad RRR- en RR maats
  • 'n Spesiale program vir die eerste skoolweek in 'n nuwe jaar om maats welkom te laat voel
  • Kreatiewe en sensoriese speelstasies
  • Vriendelike personeel wat individueele aandag gee
  • Hulp met buitemuurse aktiwiteite
  • 'n Opgeleide noodhulpspan
  • 'n Veilige omgewing
  • Kreatiewe vakansieprogramme
  • Een-dag-diens vir ouers in nood

Naskoolterrein

Die kleuters speel namiddae op die pre-primêr terrein en word nie ontwrig om na 'n nuwe terrein te beweeg nie. U sal dus u kleuter soggens by die kleuterhek aflaai en namiddae weer daar kom oplaai.

Sekuriteit

Ouers moet persoonlik hul kinders by die Naskool kom afhaal by die elektroniese hek by die Kleuterskool. Die kode van die hek sal aan die begin van die jaar aan elke ouer deurgegee word. Teken u kind/ers elke middag uit op die die uittekenbord by die juffrou aan diens. Skakel of SMS vroegtydig iendien iemand anders u kind/ers kom afhaal.

Naskoolure

Naskool funksioneer stiptelik vanaf 13h00 - 17h30. Kontak u kind se naskool juffrou tydens noodgevalle.

Inskrywingsprosedure

Voornemende ouers wat hulle kinders by Lynnies Naskool wil inskryf, moet 'n registrasievorm voltooi. Registrasievorms is by die administratiewe kantoor of op die webblad beskikbaar.

Vorms moet by die adminkantoor of Naskoolhoof, Sharise Janse van Rensburg ingehandig word. Inskrywingsvorms moet jaarliks hernu word vir u kind se plek vir die volgende jaar in die Naskool te verseker.

ns_0010 Laerskool Lynnwood - Naskool

Naskoolfooie 

Maandelikse fooi

Enkelkind

  • R110 skryfbehoeftefooi per kind
  • R1055 per maand* vir 11 maande

Twee kinders

  • R110 skryfbehoeftefooi per kind
  • R1880 per maand* vir 11 maande

Drie kinders

  • R110 skryfbehoeftefooi per kind
  • R2790 per maand* vir 11 maande

Betaalwyses: Maandelikse elektroniese betalings of debietorders.

Debietorders sal op die eerste werksdag van die maand aangebied word. Naskoolkostes is voor die sewende van die maand betaalbaar. Naskoolfooie is oor 11 maande betaalbaar en die skryfbehoeftefooi van R110 moet saam met die naskoolfooie vir Januarie 2017 voor of op 11 Januarie 2016 geskied.

Bankbesonderhede

Laerskool Lynnwood,

ABSA Bank,

Brooklyntak,

Takkode: 632 005

Rekeningnommer: 0540 5100 75

Matrasfooi 

'n Matrasfooi van R150 is betaalbaar vir 'n matras en sloop met kind se naam opborduur. Hierdie is 'n eenmalige betaling. U kleuter sal bogenoemde aankope vir sy totale Naskoolkleuterloopbaan gebruik.

Skryfbehoeftefooi

R110 skryfbehoeftefooi is betaalbaar per kind. Hierdie fooi word aangewend vir aankope van skryfbehoeftes, speelgoed, storieboeke asook instandhouding van speelterrein.

Waterfooi

Alle graad RRR - 2 maats moet 'n waterfooi van R50 per kind (eenmalig) betaal sodat hulle die watermasjiene in hul klasse kan gebruik. Fooi sal op skoolrekening gehef word.

Diensbeëindiging

Kennisgewing moet 'n maand vooruit skriftelik gegee word andersins sal u aanspreeklik gehou word vir die maand se fooie

Middagprogram ns_0008 Laerskool Lynnwood - Naskool

Graad RRR

  • 12h30 -13h00 - Etenstyd
  • 13h00 -13h30 - Badkamerroetine en slaap
  • 13h30 - 14h00 - Slaap
  • 14h00 - 14h45 - Slaap
  • 14h45 - 15h30 - Buitespel
  • 15h30 Kleuters geniet 'n ligte versnapering wat altyd 'n vrug en vrugtesap insluit.
  • 16h00 Opruimtyd
  • 16h00 - 17h30 Vrye spel tot ouers kom

Graad RR

  • 13h00 -13h30 - Etenstyd
  • 13h30 - 14h00 - Badkamerroetine en slaap
  • 14h00 - 14h45 - Slaap
  • 14h45 - 15h30 - Buitespel
  • 15h30 Kleuters geniet 'n ligte versnapering wat altyd 'n vrug en vrugtesap insluit.
  • 16h00 Opruimtyd
  • 16h00 - 17h30 Vrye spel tot ouers kom

Graad R

  • 13h30 - 14h00 - Etenstyd
  • 14h00 - 14h45 - Speelstasies word opgestel
  • 14h45 - 15h30 - Buitespel
  • 15h30 Kleuters geniet 'n ligte versnapering wat altyd 'n vrug en vrugtesap insluit.
  • 16h00 Opruimtyd
  • 16h00 - 17h30 Vrye spel tot ouers kom

Spyskaart

Middagetes

 Smaaklike middagetes word deur Lynnies se Winkel op die skoolterrein voorberei. Die spyskaart maak voorsiening vir 3 gekookte etes per week. Die spyskaart word 4 weekliks herhaal.

Versnaperings of koekies-en-koeldrank word om 15h30 bedien om die hongerpyne weer te stil. Dit sluit 'n broodjie, vrug en koeldrank in.

Spyskaart

Week 1:

  • Maandag: Marcaroni en kaas met maalvleis
  • Dinsdag: Hoenderpastei
  • Woensdag: Dun boerewors met kapokaartappels
  • Donderdag: Vleisbredie met groente en rys
  • Vrydag: Bran Muffins met kouevleis

Week 2:

  • Maandag: Marcaroni en kaas met spek
  • Dinsdag: Hoenderboudjies met mielietert
  • Woensdag: Herderspastei
  • Donderdag: Vetkoek met maalvleis
  • Vrydag: Hotdogs

Week 3:

  • Maandag: Alfredo
  • Dinsdag: Beestowe met groente en rys
  • Woensdag: Frikkadelle met kapokaartappels
  • Donderdag: Ribburgers
  • Vrydag: Pizza

Week 4:

  • Maandag: Spaghetti Bolognaise
  • Dinsdag: Visvingers en kapokaartappels
  • Woensdag: Bees Pitabroodjies
  • Donderdag: Hoenderburgers
  • Vrydag: Pasteie

Personeel en klaskamers

  • Departementshoof Naskool: Sharise Janse van Rensburg
  • Adjunk Departementshoof Naskool: Charmaine Campher
  • Graad RRR: Hetta Hattingh - Graad RRR klas; Sysiestoor
  • Graad RR: Doré Jordaan en Liezl Mason - Graad RR klas; Vinke
  • Graad R: Charmaine Campher en Lezani Stokes - Graad R klas; Kwikstertjies
  • Assistente: Bertha Moima; Patricia Male en Sylvia Rakalaghatle

 Vakansieprogramme

Lynnies se Naskool spog met die BESTE vakansieprogramme in Pretoria. Die program funksioneer vanaf 07:15 - 17:30. Almal is welkom om in die pret te deel. Daar is 'n addisionele vakansiefooi wat op die skoolrekening gehef word.

Die program bied die volgende:

  • Gestruktureerde aktiwiteite
  • Ontbyt, middagete en 'n laatmiddag versnapering
  • Slaaproetine word volgehou
  • Opwindende temas
  • Skeppende kuns; eksperimente; pottebakkery; waterpret; teddiebeer-pieknieks en vele meer.
  • Maats van ander skole is ook welkom.

Naskoolreëls

  • Alle onderwyseresse se aanspreekvorm is "Juffrou" en nie op haar voornaam nie.
  • Basiese respek word teenoor Juffrouens en leerders betoon soos bv. groet in die middag.
  • Geen leerder mag 'n juffrou slaan of skop nie.
  • Geen leerder mag by die skool vloek of krutaal gebruik nie. Daar sal streng opgetree word.
  • Leerders sal nie toegelaat word om mekaar te slaan, spoeg, byt of skop nie.
  • Leerders word nie toegelaat om die skool se eiendom te beskadig nie.
  • Geen leerders mag die kode van die hek weet en self die kode indruk - selfs onder die toesig van hul ouers nie.
  • Geen leerder mag sy eie speelgoed naskool toe bring nie, dit sal gekonfiskeer word. (Dit sluit in: fietse, skaatsplanke, "J-boards", poppe, grimering, ens.) Behalwe as die program dit vereis.
  • Geen diefstal nie!
  • Toiletmaniere word by die huis aangeleer.
  • Graad 3 - 7 leerders moet hul eie skryfbehoeftes verskaf.
  • Geen leerder mag die naskool / skoolterrein verlaat sonder toestemming van sy / haar naskooljuffrou of die naskoolhoof nie.
  • Geen leerder mag aan enige buitemuurse aktiwiteite deelneem indien sy / haar naskooljuffrou skriftelik in kennis gestel is nie.
  • Sesiale reëlings vir op en aflaai van u kinders moet aan die naskoolhoof deurgegee word telefonies of per sms.
  • Tasse en persoonlike besittings is u kind/ers se eie verantwoordelikheid. Die naskool dra geen verantwoordelikheid vir die verlies of skade van tasse, klere, selfone en/of enige persoonlike besittings nie. Maak asb 'n punt daarvan om u kind/ers vroegtydig te leer om hul goedere op te pas. KLERE MOET GEMERK WEES.
  • Veiligheid is UITERS BELANGRIK! Maats mag nie alleen afdwaal / rondloop nie. Vra altyd 'n Juffrou voor jy êrens gaan.
  • Geen balle op die boonste terreine, kleuter/mimosa
  • Geen kind alleen in klaskamer.
  • Maats mag nie naby hekke speel nie.
  • Dissipline word toegepas volgens waardesisteem.
  • Speelgoed wat breek:
    • Opsetlik - moet deur kind se ouers vervang word. Bespreek direk met ouers.
    • Per ongeluk - Hoef nie te vervang, maar spel word onmiddellik gestop.
  • Kleuters: Speel op kleuterterrein en eet by afdak.
  • Seniors: Speel op Mimosaterrein en eet by kiosk.