weblogo Laerskool Lynnwood - Projekte

Projekte

Projekte Laerskool Lynnwood - ProjekteSoos die woordeboek dit beskryf is projekte ‘n uitgewerkte plan. ‘n Plan wat jaarliks alles tot stilstand bring.....

Projekte het al so ‘n instelling geword dat dit op ‘n natuurlike wyse saamklop in die skool se ritme.

Tydens die projekte by Laerskool Lynnwood kry mens met ‘n paar interessante berekeninge te doen: Ondersteunende ouers + ‘n oorweldigende atmosfeer+ opgewonde Lynnies = ‘n geslaagde projek!

Kreatiewe pret-aktiwiteite word vir die leerders gereël. Van ‘n mallemeule wat sorg vir bewerige bene, skewe wange, en protesterende mae tot kaskarpret, boeresport en sokkie-aande.

Uit die staanspoor word die lug gevul met heerlike kos en liplekker lekkernye. Elke Lynnie word die kans gegun om pret en plesier te kan hê.

Name soos Kaskardag, Potte vol pret, Maanligmakietie en Pretville sorg jaarliks vir stralende gesiggies en groot vreugde!

By dié pretdae staan ons ouers ook nie terug nie. Die dag word afgesluit met ‘n braaigeleentheid waar nuwe vriendskapsbande gesmee word of selfs kosbare kuiertyd saam met Lynnievriende.

Na so ‘n fees gaan almal, jonk en oud, laataand en sleepvoet huis toe tot ‘n volgende keer.....

Daar is geen Kontakte om te vertoon nie

Oktober 2017
S M T W T V S
1 2 3 4 5 6 7
8 9 10 11 12 13 14
15 16 17 18 19 20 21
22 23 24 25 26 27 28
29 30 31