Daar is geen twyfel daaroor nie – sport is goed vir die mens.
Die tyd wat die mens aan sport en ontspanning bestee terwyl jy ʼn gebalanseerde lewe probeer leef waarin werk meestal die oorhand kry, is broodnodig.
Sport en ontspanning in al sy vorme bied fisieke, emosionele en verstandelike voordele wat elke mens benodig het om ʼn gesonde en gebalanseerde lewe te handhaaf.
Laerskool Lynnwood lewer die volgende sportsoorte
Met atletiek beoog ons om vir soveel as moontlik leerders die geleentheid te gee om fisies te ontwikkel.
Solank as wat kinders en volwassenes by sportaktiwiteite betrokke is, is hulle deel van die proses om die beste weergawe van hulself te wees.
Rugby maak ʼn mens nie net liggaamlik sterk nie; dit maak jou ook geestelik sterker. Die beste les wat rugby ʼn mens leer is om hindernisse en uitdagings te bowe te kom. Is dit nie wat ons almal nodig het nie?
Krieket help om motoriese vaardighede en die volle fisieke ontwikkeling van jongmense te ontwikkel.
Netbal by Laerskool Lynnwood het 'n leefwyse waarna ons streef en dit is "Lynnies mis nooit die doel van Netbal nie!"
Die lewe bestaanuit vreugdes en teleurstelling. Ons moet almal struikelblokke oorkom, kompromieë aangaan en ons vrese en mislukkings konfronteer. Tennis kan ons help om die vele hoë en lae punte van die lewe beter te leer hanteer.
Tennis By swem ontwikkel ons leerders nie net sterk spiere en ‘n gesonde lyf nie, maar ook selfdissipline en ‘n goeie selfbeeld.
Leerders neem deel by onderskeie klubs en word blootgestel aan ‘n hoë standaard van swem sowel as die lekker van die sport.
Ons filofsofie is die skep van ‘n unieke Lynnies hokkiekultuur deur die ontwikkeling van elke Lynnwood Laerskool hokkiespeler om sy of haar volle potensiaal te bereik.
Hokkie