Lynnwood Krieket Akademie

By Lynnwood betaal u om deel te neem aan krieket. Die rede daarvoor is dat al die seuns spesialis afrigting kry deur slegs gekwalifiseerde , en Krieket Suid Afrika geakrediteerde buite afrigters. Ons stuur jaarliks ons afrigters op geakrediteerde Krieket Suid Afrika kursusse sodat hul die nuutste afrigtingstegnieke en metodes kan leer. Ons spog tans met 6 vlak 2 afrigters en 8 vlak 1 afrigters asook een afrigter wat tans besig is met sy vlak 3. Ons senior afrigters is ook die hoof afrigters by die o/13 provinsiale spanne.

Ons speel van Gr RR af al krieket en het meer as 250 seuns wat krieket speel en spog met 15 spanne. Elke kind wat aan krieket deelneem speel n min van 20 wedstryde per jaar. Ons 1ste span speel ongeveer 40 krieket wedstryde per jaar.

Die grootste rede vir ons sukses is ons een tot een afrigter (“Individuals”). Ons het 4 vlak 2 afrigters wat elke dag van die week 4 kwartale van die jaar lank beskikbaar is vir dit. U as ouer kan halfuur of uur lesse per week voor inskryf.  Lynnwood spog met 2 krieket velde, 6 turf krieket blaaie, 9 nette en n 6 net binnehuis multisport fasiliteit sentrum asook spreiligte om middag aand wedstryde te speel. Ons is ook in die proses om nog 2 velde te kry.

Ons speel jaarliks teen skole soos DPHS. Selbourne, Highbury, Grey College, Rondebosch, Wynberg, Paarl Gymnasium, SACS, St Stithians, KEPS, St Johns om net n paar te noem. Ons is laaste 10 jaar die algehele wenner van die Pretoria Groot skole liga en is gekroon as die beste krieket skool in Pretoria.