Buletjierugby

Die doel van Bulletjierugby is om rugbyvaardighede te ontwikkel en om spelers na die spel te lok, maar veral om ‘n liefde vir die spel te ontwikkel. Alle deelname is uit vrye keuse. Ouers kry die geleentheid om betrokke te raak by Bulletjierugby-en afrigting (of Pappa-oefening soos die bulletjies dit noem).

Bulletjierugby het egter geen kontak. Die spelers speel met “rips” wat aan hulle rugby broekies vas is. Ons noem dit “rip-rugby”.

By Laerskool Lynnwood bestaan Bulletjierugby uit twee elemente:

  • Skool oefeninge – Oefening elke Maandag en Woensdag tydens rugby seisoen.
  • Pappa-oefeninge – Oefening een keer per week waar daar op wedstryde gefokus word.

Bulletjie Rugby organiseerder:

Andri Cooper

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.