Doel
Tennis is 'n goeie sport om gesondheid, fiksheid, sterkte en behendigheid te behou. Dit het ook sosiale en sielkundige voordele. Tennis is 'n sport wat nie net 'n volledige liggaamsoefening bied nie, maar dit help leerders ook om skerper en meer waaksaam te word en sodoende akademiese prestasie te verbeter.
Inligting oor tennis:
- Daar is geen tennisafrigting by die skool nie. Privaat lesse by buite afrigters moet gereël word.
- Tennis liga vind plaas in die eerste kwartaal en die vriendskaplike liga vind in die derde kwartaal plaas.
- Leerders moet in die vierde kwartaal deelneem aan die rondomtalie om hulle op ‘n rangleer te plaas vir die volgende jaar.
- Liga word elke Maandag gespeel om 14:00 – 16:50.
- Daar is vier spelers in ‘n span plus reserwes.
- Ons het tans ±50 tennis spelers.