By swem ontwikkel ons leerders nie net sterk spiere en ‘n gesonde lyf nie, maar ook selfdissipline en ‘n goeie selfbeeld.
Leerders neem deel by onderskeie klubs en word blootgestel aan ‘n hoë standaard van swem sowel as die lekker van die sport.
Swem Organiseerder
Me. Christiane Rencken
Die swemseisoen is in kwartaal 3 en 4. Deur die res van die jaar swem leerders by hulle onderskeie klubs en neem ook in klub verband aan NTS gala’s deel. Leerders behaal hulle NTS levels ook deur hul klubs. Ons moedig leerders aan om by klubs of swemskole aan te sluit om hulle fiksheid en styl te oefen en verbeter.
Daar word elke jaar ‘n interhuisgala gehou om die kinders aan swem bloot te stel en om die skoolspan te kies. Ons neem in die 4de kwartaal deel aan verskillende gala’s by ander skole en die hoogtepunt van die seisoen is die Pretoria Interskole Gala by Hillcrest. Alhoewel die skool nie swem afrig nie, het ons twee aflos oefeninge by die Hoërskool Menlopark se swembad as voorbereiding vir die gala’s.