Ons filofsofie is die skep van ‘n unieke Lynnies hokkiekultuur deur die ontwikkeling van elke Lynnwood Laerskool hokkiespeler om sy of haar volle potensiaal te bereik.

Die hoofdoel is om elke leerder die geleentheid te bied om te ontwikkel as ‘n hokkiespeler, dit te geniet en om hokkie as sport by Laerskool Lynnwood te bevorder. Ons strewe daarna om aan leerders die beste afrigters daar te stel om kwaliteit afrigting en sport-etos aan spelers te bied rakende sportdissipline en sportetiket.

By Laerskool Lynnwood bestaan Senior Hokkie die

volgende:

• Voorseisoen: Oefening 2 keer ‘n week waar daar gefokus word op basiese vaardighede.

• Proewe: Graad 4 – 7 leerders speel proewe deur die loop van die kwartaal 2. Buite-afrigters en hoofafrigters tree op as keurders gedurende die proewe. Spelers word in oefengroepe geplaas gebaseer op die uitslae van die proewe.

• Toere en klinieke: Gedurende die Junie/Julie vakansie vind daar toere/klinieke plaas vir elke ouderdomsgroep. Ons poog om alle spelers blootstelling te gee en hokkie te bevorder.

• Oefening (in-seisoen): Leerders oefen in spanverband vir ‘n totaal van drie ure per week.

• Bepalings / Wedstryde: Wedstryde geskied hoofsaaklik oor naweke.

Belangrike datums word gedurende die seisoen deurgegee.

Elke leerder benodig sy eie hokkiestok, “shinpads” en mondsekerm.

Die afrigters het hokkieballe vir oefening.

Leerders speel met veeldoelige sporthempie en SKOP broekie/rompies (dogters) wedstryde. Die klere en kouse word by die klerewinkel gekoop.

PERSONEEL:

Senior hokkie seuns:

Mnr. Casper Olivier

Senior hokkie dogters:

Me. Nicola Jansen