By landloop werk ons aan algemene fiksheid wat ‘n voordeel inhou vir alle sportsoorte. Landloop verg uithouvermoë, toewyding en verbeter elke atleet se selfbeeld, selfdissipline en doelgerigheid.
Alhoewel landloop 'n individuele sportsoort is, is ons doel van oefensessies om goeie spangees onder die atlete te bou en ook om elke atleet voor te berei vir die seisoen.
Daar word elke jaar 'n Massa Landloopdag gehou om alle leerders van graad 1 tot graad 7 bloot te stel aan die idee van landloop en om atlete aan te moedig om deel te neem.
Voorseisoen oefeninge vind tydens die tweede kwartaal plaas, waar atlete voorberei word vir die Landloopseisoen na die Junie-vakansie. Oefensessies tydens die landloopseisoen vind 3 maal per week plaas.
Daar word elke jaar 'n Massa Landloopdag gehou om alle leerders van graad 1 tot graad 7 bloot te stel aan die idee van landloop en om atlete aan te moedig om deel te neem.
Tydens landloopseisoen is daar 4 wedlope waaraan atlete kan deelneem om te kwalifseer vir Gauteng-Noord deelname.
Landloop Organiseerder
Me. Annelle Breedt