Ons top-afrigters is iets uit die boonste rakke. Elke afrigter bring hulle unieke evaring, passie en kundigheid na die sport. Ons spog met afrigters wat oud-Protea spelers is, waarvan juffrou Izette Griesel, steeds ons land op ‘n nasionale vlak verteenwoordig. Sy speel tans senter of aanvallende vleuel vir die Spar Protea netbalspan en spog met meer as 50 nasionale wedstryde.