Boodskap van Me. de Villiers

In 2021 is daar gegroei waar daar geplant is en soms was die aarde, as gevolg van omstandighede buite ons beheer, hard en klipperig. Maar ‘n saailing kan ook uit klip gekweek word. Kenners meen dat ‘n boom wat op hierdie manier gekweek word, onderskei word deur sy weerstand teen siektes en onpretensieusheid in sorg en verbouing – Een wat aanpas by sy omstandighede. Hierdie akademiese jaar is juis gekenmerk deur aanpasbaarheid, deur beide onderwysers en leerders.

Leer vind nie meer net binne die klaskamer plaas nie. Laerskool Lynnwood het ook ‘n aanlyn leerplatform op MsTeams. Hierdie virtuele platform bied lesse in video-formaat, werkkaarte, memorandums en PowerPoints, wat leerders vanaf enige plek, in hulle eie tyd en teen hul eie pas asook aanvullend tot skoolonderrig kan gebruik. 

Die amptelike KABV (CAPS) kurrikulum van Suid-Afrika word dus gevolg, deur nuwe, moderne onderwysinisiatiewe wat leerders toerus vir die 21ste eeu. Onderrig, leer en assessesering in Laerskool Lynnwood gaan verder as die vier mure van die klaskamer, verder as net boekkennis. Dit streef eerder daarna om die feite en ervaringe van die lewe in te sluit, hoe om die wêreld rondom ons te skep, te verstaan, funksioneel daarin te kan funksioneer en dit ook vir toekomstige geslagte te onderhou.

Die gebruik van verskeie onderrigstrategieë om in leerders se behoeftes te voldoen word voorsien met die uitgangspunt dat leerders genoeg tyd gegun word om hulle volle potensiaal te bereik.

Die skool se primêre doel is om geleenthede vir leerders te skep om hulle Godgegewe talente op elke terrein ten volle te ontwikkel, sodat hulle ná skool as selfstandige mense die grootmenswêreld met selfvertroue kan betree. 

Net soos die boom wat geanker staan in die klip waaruit hy groei; sterk en aanpasbaar vir die lewe.


Ilsé de Villiers

Senior Adjunkhoof